# Stad Kaapstad se verslag oor die brand by die Parlementêre kompleks wys die sproeiers was nie geaktiveer nie. Die verslag wys ook uit dat die kleppe van die sproeierstelsel oënskynlik toe was. Dit word beklemtoon dit is onduidelik of die alarm- en sensorstelsel in ‘n werkende toestand was. Die Kaapstadse brandweer het geen brandalarm van die Parlement ontvang nie. Die verslag sê branddeure wat oop was, het daartoe bygedra dat die brand versprei het.