# Die Stad Kaapstad het ‘n beroep gedoen op besoekers, om Clifton-strande tot verdere kennisgewing te vermy. ’n Woordvoerder sê ’n boggelrug-walvis-karkas van nege meter het vroeg vanoggend by Clifton uitgespoel. ‘n Verwyderings-operasie is tans aan die gang en wetstoepassings-beamptes is op die terrein om die omgewing te beveilig, terwyl lewensredders by Clifton se Vierde Strand besoekers sal inlig om uit die water te bly. ‘n Groot groep boggelrug-walvisse besoek die Atlantiese kus sedert November en dit is die tweede een wat uitspoel.