Skip to content

Stad Kaapstad help spaza-winkels om afval te bestuur en te verminder

# Die span vir Openbare Bewusmaking in die Stad Kaapstad se Direktoraat Stedelike Afval het ‘n reeks gesprekke met spaza-winkels gevoer. Die doel daarvan was om eienaars in te lig oor hul wetlike verpligtinge rondom afvalbestuur en hulle aan te moedig om afval te verminder. Altesaam 193 spaza-winkels is verlede maand besoek. Die stad sê die gesprekke het veral gefokus op strategieë om afval te verminder deur middel van hergebruik, herwinning of die uitskakeling van produkte met oormatige verpakking.