# Die Stad Kaapstad het nog vier inentingslokale geopen. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê ‘n organisasie sonder winsoogmerk, Khethimpilo, sal op Maande en Dinsdae die tydelike inentingslokale by gemeenskapsdagsentrums in Luvuyo in Khayelitsha beman, en Woensdae in Gordonsbaai. Besoeke sal ook Donderdae gebring word aan die Dr Ivan Tomms-gemeenskapsdagsentrum en Vrydae aan Town Two in Khayelitsha. Van der Ross het Kapenaars aangemoedig om van dié tydelike lokale gebruik te maak.
Speel klankgreep: ENG PatvdRossONVaccination