Skip to content

Stad Kaapstad bekommerd oor voorvalle wat by noodoproepsentrums aangemeld word [KLANK]

# Die Stad Kaapstad sê terwyl hy voorberei vir die besigste tyd van die jaar, is die voorvalle wat die afgelope boekjaar by die noodoproepsentrums aangemeld is, kommerwekkend. Die stad se openbare noodkommunikasiesentrum het tussen Julie verlede jaar en Junie vanjaar meer as 215-duisend oproepe ontvang. Voorvalle van huishoudelike geweld het met 57-persent gestyg, kindermishandeling met sewe-persent en grap-oproepe met 80-persent. JP Smith van die stad sê dis egter bemoedigend om te sien hoeveel mense die noodkommunikasiesentrum gebruik:

AFR SmithOnCallCentre