Skip to content

Stad Johannesburg verwelkom Hooggeregshof se afwysing van DA se saak teen die stadsbestuurder se aanstelling

# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die DA se aansoek teen die Stad Johannesburg oor die aanstelling van die stadsbestuurder, Floyd Brink, van die hand gewys. Die hof het ook beslis die party moet die stad se regskostes dra. Die burgemeester, Kabelo Gwamanda, het die hofbeslissing verwelkom. Hy het die DA beskuldig van rassistiese aanvalle op Brink onder die dekmantel van aanspreeklikheid. Gwamanda het ‘n beroep op die stads-administrasie gedoen om gefokus te bly en te voldoen aan die administratiewe regulasies tot voordeel van alle inwoners.