Skip to content

Stad Johannesburg bied 200 beurse aan vir voorgraadse programme

# Die Stad Johannesburg bied 200 beurse aan vir kwalifiserende Suid-Afrikaanse jongmense om in 2025 voltyds in te skryf vir ʼn voorgraadse program. Kandidate moet in Johannesburg woon. Studierigtings sluit aktuariële wetenskap, ingenieurswese, verpleegkunde en bemarking in. Die metro sê hy wil vaardigheidsontwikkeling en opvoedkundige geleenthede bied aan werknemers en ook die groter Johannesburgse gemeenskap. Aansoeke sluit op 4 November.