Skip to content

Stad Ekurhuleni gesondheidstelsel kry goedkeuring van Amerikaanse MIV/vigs-hulpagentskap

# ʼn Afvaardiging van die Amerikaanse president se vigs-verligting-noodplan het sy tevredenheid uitgespreek met die gehalte van gesondheidsdienste wat die Stad Ekurhuleni by sy klinieke lewer. Die span het die Thembisa-hoofkliniek besoek. Die stad sê die afvaardiging was beïndruk om te leer dat 97-persent MIV-positiewe pasiënte by die Thembisa-hoofkliniek op antiretrovirale medikasie bly. Een van die afvaardiging se lede, Jason Bowman, sê die prestasie maak dit maklik om motivering te verskaf vir meer fondse vir die stad se vigs-program.