Skip to content

Staatsdiensvakbond bepleit spoedige optrede om loonverskille in Limpopo aan te pak

# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die versuim om gelyke betaling vir gelyke werk onder vastetermyn-kontrakwerkers in die uitgebreide openbare-werkeprogram in Limpopo te verseker, is uiters kommerwekkend. Volgens die VSA toon verslae verwarring onder begunstigdes weens aansienlike salarisgapings vir dieselfde poskategorieë in verskillende departemente. Dit skend die beginsel van gelyke betaling vir gelyke werk. John Teffo van die vereniging doen ‘n beroep op die provinsiale regering om hierdie ongelykhede vinnig aan te pak om regverdigheid te verseker en die moreel onder werkers te bevorder.