Skip to content

Staatsdienskommissie bekommerd omdat nasionale departemente nie fakture betaal nie

# Die Staatsdienskommissie doen ʼn beroep op die Nasionale Tesourie om dringend stelsels en beleide vir finansiële bestuur in departemente te hersien. Hy het onthul dat nasionale departemente in die 2024/2025-boekjaar se eerste kwartaal versuim het om 30-duisend-571 fakture ter waarde van 1,7-miljard-rand binne 30 dae te betaal. Die kommissie se kommissaris, Anele Gxoyiya, sê die mees algemene redes wat departemente vir die laat of niebetaling aanvoer, wissel van fakture wat verkeerd geliasseer, verlê of nie aangeteken word nie tot onvoldoende interne beheer.