# Die Johannesburgse Streekhof sal na verwagting vanoggend die staat se eerste getuie aanhoor in die meineedverhoor van voormalige minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini. Verrigtinge is gister kortgeknip nadat sy onskuldig gepleit het en verduidelik het indien sy onder eed gelieg het terwyl sy voor ‘n ondersoek na die maatskaplike toelae-skandaal van 2017 getuig het, was dit onwetend. Die staat het uitstel versoek omdat hy nie genoeg geleentheid gehad het om sy eerste getuie te raadpleeg en om reisreëlings met ‘n ander te tref nie.