# Die staat het die moordklagte laat vaar teen twee mans wat tereggestaan het vir die moord op die jong Vrystaatse plaasbestuurder, Brendin Horner. Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba word nou slegs van die diefstal van twee skape aangekla. Die 21-jarige Horner is verlede Oktober vermoor op die plaas naby Senekal waar hy gewerk het. Die staat gee toe hy het gesukkel om sy saak te bewys sedert DNS-bewyse Matlaletsa en Mahlamba uitgesluit het van die moordtoneel en Horner se bakkie. Die saak is tot môre uitgestel wanneer uitspraak gelewer sal word.