Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 12 April 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Gholf: Die Amerikaner Bryson DeChambeau is een hou voor sy landgenoot Scottie Scheffler na die openingsronde van die Amerikaanse Meesters op Augusta in Georgia. Hy het op sewe-onder 65 klaargemaak nadat spel weens stormweer vroeër gestaak is. Die verdedigende kampioen, Jon Rahm van Spanje, het 73 aangeteken in sy poging om die eerste speler sedert Tiger Woods te word wat twee agtereenvolgende toernooie wen. Woods was een hou onder na 13 putjies toe spel weens swak lig opgeskort is. DeChambeau sê dit was uitdagende toestande:
# Rugby: Daar is die naweek vier Engelse spanne in die kwarteindronde van die Kampioenebeker, asook drie Franse spanne en een elk van Ierland en Suid-Afrika. Bordeaux ontvang Harlequins, Leinster verwelkom La Rochelle, Exeter Chiefs kom in Frankryk te staan teen Toulouse en die Bulle pak Northampton Saints in Engeland. Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, sê daar wag ‘n moeilike taak op sy span:
Die wedstryd teen Northampton Saints sal ‘n welkome meevaller vir die Bulle besorg. Al die kaartjies vir die wedstryd op Franklin Gardens is uitverkoop, en die reëls bepaal die twee spanne deel die inkomste daaruit. Die span van Pretoria gaan dus 4,6-miljoen-rand uit die kragmeting verdien, ongeag die uitslag. ‘n Aantal kenners meen die Bulle staan slegs ‘n geringe kans vir ‘n oorwinning weens hul lang reis na Brittanje en min tyd om by die onbekende speeltoestande aan te pas.
# Sokker: Die Premierliga sal semi-outomatiese onkant-tegnologie instel om hopelik die tyd te verminder wat dit neem om video-skeidsregterbesluite te neem. Die voorste klubs het op ‘n belanghebbersvergadering eenparig besluit op die stelsel, wat na verwagting die tyd van ‘n onkantbeslissing omtrent 30 sekondes korter sal maak. Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, het die tegnologie gebruik in 2022 se Wêreldbekertoernooi vir mans in Katar na ‘n reeks proefnemings, insluitend in die Klub-Wêreldbekertoernooi.
# En, motorsport: Die dubbele wêreldkampioen Fernando Alonso het ‘n kontrak geteken om tot minstens die einde van 2026 se Formule Een-seisoen by Aston Martin te bly. Die 42-jarige Alonso het verlede jaar vanaf die Alpine-span aangesluit en in ses van die agt wedrenne onder die eerste drie geëindig. Die spanhoof, Mike Krack, sê die Spanjaard is uitgehonger vir sukses en wil die span in ‘n mededingende krag omskep. Aston Martin is vyfde op die vervaardigers-punteleer ná die eerste vier wedrenne.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….