# Die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek tans die waterprojek van 143-miljoen-rand in Moutse, Limpopo. Volgens berigte het die raadgewende onderneming AES nie aan die bepalings en voorwaardes van die Moutse-droogtehulp-ingrypingsprojek voldoen nie. Die eenheid sê Lepelle Northern Water het AES in 2020 aangestel om 438 watertenk-staanplekke sowel as twee-duisend watertenkwaens in die Sekhukhune-distrik aan te bring. Die projek is ingestel om te help om die Covid-19-kurwe af te plat aangesien daar watertekorte in die gebied is.