Skip to content

Spertyd vir aansoeke vir Gautengse inisiasie-skool uitgestel [KLANK]

Die Gautengse provinsiale wetgewer se Inisiasie-koördineringskomitee het besluit om die sluitingsdatum vir inisiasieskool-aansoeke tot volgende Vrydag uit te stel. Die hoofde van inisiasieskole en inisiasieforums moet ‘n behoorlik voltooide en getekende aansoekvorm indien.  Ten einde te kan registreer moet alle bykomende inligting wat aangevra word ten  volle verstrek word. Die komitee se woordvoerder, Mluleki Ngomane, sê alle belanghebbendes moet die veiligheid van almal wat dit bywoon verseker, deur behoorlik geregistreerde inisiasieskole te ondersteun: