# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die sperdatum vir die indien van belastingopgawes tot 2 Desember verleng. Dit is om belastingbetalers wat weens verskeie redes uitdagings ervaar het met hul opgawes, nog tyd te gee. Die Inkomstediens het ook die datum vir die heffing van boetes op belastingbetalers wat nie hul opgawes ingedien het nie, tot Januarie verleng. Die Inkomstediens sê hy hoop belastingbetalers sal hul wetlike verpligtinge nakom, en dat die verlenging mense sal aanmoedig om hul belastingopgawes in te dien.