# Die Departement van Water en Sanitasie het op die vooraand van Wêreld-toiletdag môre, ‘n beroep op inwoners gedoen om hulle sanitasie-geriewe te waardeer om die verspreiding van siektes in gemeenskappe te verhoed. Die departementele woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die departement bepleit ‘n nuwe visie en benadering tot die doeltreffende bestuur van sanitasie. Sowat 2,8-miljoen huishoudings in Suid-Afrika het nie toegang tot behoorlike sanitasie nie. Wêreld-toiletdag inspireer optrede om wêreldwye sanitasie-uitdagings aan te pak ten einde die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit nommer 6 te bereik, wat sanitasie vir almal teen 2030 en daarna beloof.