Skip to content

Sonke Gender Justice sê meer moeite is nodig on geslagsgeweld in hoër onderwys te hanteer

# Sonke Gender Justice sê dis duidelik die sektor vir hoër onderwys moet meer moeite doen om geslagsgeweld en vrouemoord doeltreffend te hanteer. Dit volg nadat ʼn student van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie se kêrel haar by ʼn privaat koshuis in Belhar met ʼn mes gesteek het. Die organisasie se woordvoerder, Bafana Khumalo, sê hulle vra meer spesifieke optrede om behoorlike stelsels in te stel en seker te maak alle studente is veilig op kampusse en in koshuise waar die instelling se studente woon.