Skip to content

Sokker: Zambië sê Bafana onderskat hulle voor Saterdag se botsing

# Sokker: Zambië se afrigter, Moses Sichone, beskuldig Bafana Bafana dat hulle die besoekers onderskat voor Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd in Gqeberha. Suid-Afrika gebruik die ontmoeting om voor te berei vir die Afrikabekertoernooi wat die 21ste van volgende maand in Marokko begin. Sichone het reageer op sommige Suid-Afrikaanse sokkerkringe wat voorstel Bafana Bafana sou meer gebaat het met sterk teenstand soos Brasilië. Hy het beloof om die gasheer verkeerd te bewys. Sichone sê Zambië neem die wedstryd baie ernstig op en hoop om ‘n positiewe uitslag te kry.