# Sokker: West Ham het die verdediger van Manchester United, Aaron Wan-Bissaka, gekontrakteer in ‘n transaksie van volgens berigte 345-mijoen-rand. Wan Bissaka het tot ‘n kontrak van sewe jaar met die Hammers ingestem nadat hy vyf jaar by Old Trafford was. Die 26-jarige regs-agterspeler het 109 keer vir United gespeel nadat hy in 2019 van Crystal Palace gekom het. Hy het verlede seisoen ‘n verskyning gemaak gedurende United se verrassende oorwinning in die FA Cup-eindstryd oor Manchester City maar is nie deel van die bestuurder van United, Erik ten Hag se planne vir die nuwe seisoen nie.
Sokker: West Ham kontrakteer Manchester United-verdediger Wan-Bissaka vir R345-miljoen