Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Sokker: Voormalige president van Spaanse beheerliggaam in arres vir korrupsie

# Sokker: Die voormalige president van die Spaanse beheerliggaam, Luis Rubiales, is in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Hy word beskuldig van die ontvang van onwettige kommissie terwyl hy onderhandel het oor die aanbied van die Spaanse Superbeker-kompetisie in Saoedi-Arabië. BBC Sport berig hy is aangehou toe hy teruggekeer het van ‘n reis na die Dominikaanse Republiek. Rubiales staan ook tereg vir seksuele aanranding nadat hy ‘n lid van Spanje se vrouespan, Jenni Hermoso, gesoen het nadat hulle verlede jaar se Wêreldbeker gewen het. Hy is toe gedwing om te bedank.