# Sokker: Die Europese beheerliggaam, Uefa, het nou ook die Engelse skeidsregter David Coote afgedank nadat die Premierliga in Desember sy dienste beëindig het. Dit het gevolg op ‘n ondersoek na ‘n video waarin hy beledigende opmerkings maak oor Liverpool en sy gewese hoofafrigter, Jurgen Klopp. Uefa het daarna ook ‘n ondersoek gelas na foto’s wat wys hoe Coote ‘n wit poeier deur ‘n opgerolde Amerikaanse dollar-noot opsnuif. Daar is bevind hy het die basiese reëls vir ordentlikheid oortree en die sport se naam geskend.
Sokker: Uefa dank skeidsregter Coote ook af na Premierliga hom in Desember laat gaan het