# Sokker: Twee groot liggame wat spelers en klubs in Europa verteenwoordig het ‘n klagte by die Europese Kommissie ingedien wat FIFA beskuldig dat hy sy posisie misbruik. Die groepe sê sokker se wêreldbeheerliggaam maak eensydige besluite en sy gedrag verbreek die EU se mededingingswet. Die globale spelersvereniging en meer as een-duisend klubs van 33 Europese lande dien die klagte in. FIFA is beskuldig dat hy nie konsulteer het oor onlangse veranderings aan die kalender nie, soos die instelling van ‘n Klubwêreldbeker van 32 spanne.
Sokker: Twee groot liggame dien klagte in teen FIFA