Skip to content

Sokker: Swallows-Sundowns-kragmeting op nippertjie afgestel

# Sokker: Moroka Swallows, wat finansieel sukkel, sal weens ʼn geskil tussen die klub en sy spelers nie hulle oorblywende Premierskap-wedstryde vir 2023 speel nie. Gisteraand se kragmeting op Loftus teen Mamelodi Sundowns is op die nippertjie afgestel. Swallows het later ʼn verklaring uitgereik om alle betrokke partye verskoning te vra. Hoofafrigter Steve Komphela het bevestig sy spelers het na hulle 2-1-nederlaag op 15 Desember teen SuperSport tien dae lank nie geoefen nie weens ʼn geskil oor betaling. Die bestuur hoop om die kwessie binnekort op te los.