Skip to content

Sokker: Sundowns se Ronwen Williams op finale kortlys vir CAF-toekennings

# Sokker: Ronwen Williams van Mamelodi Sundowns is op die finale kortlys vir CAF se drie hooftoekennings – Speler van die Jaar, Interklubspeler van die Jaar en Doelwagter van die Jaar. Hy het deurgedring vir die toekennings wat Maandag in Morokko gehou word, in die week waarin Sundowns geruk is deur die afdanking van die afrigter Manqoba Mngqithi. Williams sê hy hoop die ereknning wat hy kry, eers van die Ballon d’Or-toekennings en nou op Afrikavlak, sal Suid-Afrikaners inspireer.