Skip to content

Sokker: Spesiale boodskap van prins Louis met Engelse span se vertrek na Euro 2024

# Sokker: Prins William van Brittanje het ‘n spesiale boodskap van sy jongste seun gehad toe hy die Engelse manspan gegroet het voor hulle vertrek na Duitsland vir Euro 2024. Prins William is die president van die Sokkervereniging en het die 26 spelers se hemde aan hulle oorhandig op St Georgepark. Hulle speel Sondag teen Serwië, gevolg deur kragmetings met Denemarke en Slowenië. William sê die ses-jarige prins Louis het gevra hy moet die spelers aansê om twee keer soveel as gewoonlik te eet terwyl hulle voorberei vir die toernooi.