Skip to content

Sokker: Spaanse regering neem land se beheerliggaam oor tot nuwe verkiesing

# Sokker: Die Spaanse regering het ‘n spesiale komitee aangestel om toesig te hou oor die land se beheerliggaam totdat ‘n nuwe verkiesing gehou kan word. Die Nasionale Sportraad, sê die besluit is geneem weens wat hy beskryf as die krisis in die organisasie en om die land se belange te verdedig. Dit volg op die ontsteltenis toe die liggaam se vorige president, Luis Rubiales, gedwing is om te bedank nadat hy ‘n speler sonder haar toestemming op die mond gesoen het nadat die nasionale vrouespan die Wêreldbeker gewen het.