# Sokker: FIFA het bevestig die 2034-Wêreldbeker vir mans gaan in Saoedi-Arabië aangebied word. Die land word gekritiseer oor sy menseregteskendings, homoseksualiteit wat as misdaad beskou word, beperkings op vryheid van spraak en gebrek aan vroueregte. Die 2030-Wêreldbeker word gesamentlik deur Spanje, Portugal en Marokko aangebied. Drie wedstryde van die 2030-toernooi sal ook in Argentinië, Paraguay en Uruguay gespeel word om die kompetisie se 100-jarige bestaan te vier. Fifa-president, Gianni Infantino, sê sport kan ’n verdeelde wêreld verenig:
Sokker: Saoedi-Arabië gaan 2034-Wêreldbeker vir mans aanbied [KLANK]
ENG InfantinoOnUnity