# Sokker: Die Colombiaanse sokkerfederasie het bevestig die pa van Liverpool se voorspeler, Luis Diaz, is deur ontvoerders vrygelaat en is veilig. Luís Manuel Diaz is op die 28ste van verlede maand deur die linkse guerrillas in die gesin se tuisdorp Barrancas ontvoer. Diaz se ma is ook in die voorval ontvoer, maar sy is binne ure gered nadat die polisie padblokkades opgestel het. Die federasie sê die pa is deur lede van die Nasionale Bevrydingsleër aan amptenare van die Verenigde Nasies en die Katolieke Kerk oorhandig.
Sokker: Pa van Liverpool-voorspeler deur ontvoerders in Colombia vrygelaat