Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Sokker: #NotInMyName verwelkom opheffing van SAFA se verklaring dat Ria Ledwaba persona non grata is

# Sokker: Die burgerregtebeweging #NotInMyName het die onttrekking van die verklaring teen SAFA se gewese visepresident, Ria Ledwaba, deels verwelkom. Hulle dring egter aan op ʼn openbare verskoning aan haar en alle Suid-Afrikaanse sokkerliefhebbers. Die Konfederasie van Afrika-sokker of CAF het ná die Valke se klopjag op SAFA-huis kommer uitgespreek oor sokker se beeld in Suid-Afrika en ʼn verslag aangevra om nakoming van CAF- en FIFA-verordeninge te verseker. #NotInMyName se president Siyabulela Jentile sê hulle eis deursigtigheid en FIFA-ingryping om Suid-Afrika se sokkerreputasie te herstel.