Skip to content

Sokker: Nederlaag teen Ysland laat Engeland wakker skrik voor Euro 2024

# Sokker: Engeland se kaptein, Harry Kane, sê hulle skok-nederlaag van een-nul teen Ysland kan presies wees wat hulle nodig gehad het om te besef hoe groot hulle taak is op die Euro 2024-kompetisie. Gareth Southgate se spelers is onder die gunstelinge vir die toernooi in Duitsland, maar Vrydag se afskeidspartytjie by Wembley het platgeval, met die spelers wat uitgejou is in ‘n halfvol stadion. Kane sê hy weet lesse moet geleer word voor Sondag se Groep C-aanvangswedstryd teen Serwië.