# Sokker: Mosambiek is die nuwe titelhouers van die Cosafa-strandsokkerkampioenskap wat gister in Durban geëindig het. Hulle het Tanzanië in die eindstryd 3-1 verslaan. Mosambiek het sy plek in die eindstryd verseker toe hy Suid-Afrika in die halfeind geklop het. Die verdedigende kampioen, Madagaskar, kon weens Covid-19-reisbeperkings nie vanjaar deelneem nie.