Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Sokker: Engeland sal naamlose hemde dra om bewusmaking van Alzheimer se siekte te bevorder

# Sokker: Engeland sal vandag sonder die span se name op hul hemde speel tydens die tweede helfte van hul internasionale vriendskaplike wedstryd teen België in Londen. Dit is om bewusmaking oor die simptome van Alzheimer se siekte te verhoog. Die spelers sê hulle wil wys hoe mense wat aan demensie ly, kosbare herinnerings kan verloor. Die plan is deel van die beheerliggaam, die F-A se vennootskap met die Alzheimer-vereniging. Engeland gebruik die wedstryd as voorbereiding vir Euro 2024 wat volg ná die teleurstellende nul-1-nederlaag teen Brasilië oor die naweek.