Skip to content

Sokker: City se ellende duur voort terwyl Arsenal weer op die wenpad is in die Kampioeneliga

# Sokker: Manchester City het ʼn voorsprong van drie doele weggegooi en hul Kampioeneliga-wedstryd teen Feyenoord op die Etihad-stadion het gelykop geëindig met drie elk. Pep Guardiola se span kon nou in ses wedstryde na mekaar in alle kompetisies nie ‘n oorwinning behaal nie. Arsenal is weer terug op die wenpad met ʼn oortuigende vyf-een-sege oor Sporting. Robert Lewandowski het die derde speler geword wat 100 doele in die Kampioeneliga aanteken toe Barcelona met drie-nul teen Brest gewen het. AC Milan, Bayern Munich en Atalanta het ook koning gekraai.