# Sokker: Chelsea-voorspeler, Cole Palmer, is aangewys as Engeland se 2023/2024 mansspeler van die jaar. Die publiek het gestem en die 22-jarige Palmer was eerste, gevolg deur Jude Bellingham en Bukayo Saka, wat onderskeidelik tweede en derde was. Hy is in Augustus ook aangewys as PFA se Jong Speler van die Jaar. Palmer, wat voorheen vir Manchester City gespeel het, het in alle kompetisies 25 doele aangeteken. Hy het sy debuut vir Engeland in November gemaak en het sedertdien nege keer die senior span gehaal.
Sokker: Chelsea-speler Palmer aangewys as 2023/2024 se speler van die jaar