# Sokker: Kaizer Chiefs en Orlando Pirates se ondersteuners het die FNB-stadion reeds volgepak vir vanmiddag se Soweto derby. Vroeër die week het die Amakhosi en die Buccaneers hulle PSL-wedstryde teen onderskeidelik Cape Town Spurs en Sekhukhune United gewen. Chiefs het Spurs met 3-2 geklop en Pirates het Sekhukhune met 1 – 0 die loef afgesteek. Pirates is nou tiende op die Prmeiership se punteleer – twee punte agter Chiefs. ‘n Oorwinning vir die Bucs sal hulle na die top agt laat opskuif. Die wedstryd skop om half-vier af.
Sokker: Alle oë op die FNB-stadion vir die Soweto Derby