Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Snoeker: ‘Gehipnotiseerde’ Wilson deur na tweede wêreldeindstryd

# Snoeker: Kyren Wilson van Engeland het die naweek maklik deurgedring na sy tweede Wêreldsnoekerkampioenskap-eindstryd en onthul sy sukses by Sheffield se Crucible-teater is gesteun deur sessies met ‘n hipnoterapeut. Wilson het ‘n 17-11-oorwinning behaal oor die kwalifiseerder David Gilbert. Dit gee hom nog ‘n kans op die wêreldtitel na sy nederlaag in die 2020-eindstryd teen Ronnie O’Sullivan. AFP berig die 32-jarige Wilson sê hy is in sy voorbereiding gehelp deur behandeling deur ‘n hipnoterapeut. Die kampioenskap eindig vandag.