# Vier mense het gister gesterf en nog een word vermis na ‘n sneeustorting in die Alpe naby die grens tussen Switserland en Oostenryk. Amptenare sê ten minste 31 verskillende sneeustortings is aangemeld. Die woordvoerder van die nooddienste se beheersentrum in Tirolië, Patrick Ortler, het aan joernaliste gesê vyf mense is by die Soelden-oord gered. Die name en nasionaliteite van die vier mense wat gesterf het en die vyfde wat vermis word, is nog nie bekend gemaak nie.