# Die departement van Onderwys in Noordwes ondervind ernstige probleme met vervoer. Dit het opgeduik toe die parlement se portefeulje-komitee ‘n besoek aan die provinsie gebring het om die heropening van skole te monitor. Die voorsitter van die komitee, Bongiwe Mbinqo-Gigaba, sê die departemente van Onderwys en Vervoer moet dringend oplossings vir die probleem vind. Sy sê die provinsiale regering moet ook ingryp.