# Sewentig lande is nie op koers vir 1,5-grade Celsius nie, gebaseer op 2030 nasionale beloftes oor die sny van uitlatings. So lui ‘n verslag deur die Assessing Sovereign Climate-related Opportunities and Risks-projek. Net 16-persent van die 70 lande waarna gekyk is, het ‘n deursigtige en geloofwaardige verbintenis om fossielbrandstofsubsidies uit te faseer. Die verslag toon ook dat 81-persent van die ryk lande nie hulle eweredige deel tot die internasionale klimaatbefondsingsdoelwit bydra nie. Die lande wat beoordeel is is verantwoordelik vir 85-persent van die globale kweekhuisgas-uitlatings.
Skokkende nuwe beoordeling van 70 lande se klimaatbeleid en -ambisies