# Die Stad Kaapstad se Departement van Gesondheid het ‘n beduidende daling in die gebruik van kondome aangeteken, met ‘n ooreenkomstige toename in die getal seksueel oodraagbare infeksies. Die inligting is bekend gemaak as deel van die viering van Kondoom-maand in Februarie, wanneer ook klem gelê word op seksueel oordraagbare infeksies. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die gebruik van kondome onder mans het van 30,6-miljoen in die 2019/2020- finansiële jaar afgeneem tot net meer as 16-miljoen in die 2020/2021- finansiële jaar.