# Die vise-kansellier van die Universiteit van Pretoria, Francis Petersen, moedig skenkers aan om steeds te help om die las te verlig van studente in die sogenaamde vermiste middel wat agterstallig is met studiegeld. Die vermiste middel bestaan uit studente van huishoudings wat tussen 350-duisend-rand en 600-duisend-rand per jaar verdien. Hulle kry nie hulp van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente nie. Petersen sê bydraes van skenkers het die finansiële las van talle akademies-uitstaande studente verlig.
Skenkers aangemoedig om steeds las van studente van Universiteit van Pretoria te help verlig