# Die Weerdiens het ‘n geel vlak vier-waarskuwing uitgereik vir hewige donderstorms vandag oor die noordelike dele van die land. Skadelike wind en swaar neerslae kan verwag word oor Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, die Vrystaat en dele van KwaZulu-Natal. Die voorspeller sê die reën kan lei tot oorstromings op paaie en laagliggende gebiede. Mense word gewaarsku om nie oorstroomde paaie of laagwaterbrûe oor te steek nie.
Skadelike wind en swaar reën vandag oor noordelike dele van SA verwag