# Daar word berig Oekraïese magte het die derde en laaste brug oor die Seym-rivier in Rusland se Kursk-streek getref. Die brüe is ‘n belangrike deel van die streek se padnetwerk en hulle verwoesting of beskadiging kan logistiek vir Rusland aansienlik bemoeilik. ‘n Sleutel pro-oorlog Russiese blog-skrywer Yuriy Podolyaka sê Russiese magte in die gebied moet nou staatmaak op pontbrüe. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky het vroeër gesê hy wil ‘n buffersone op Russiese grondgebied skep, wat dui op Oekraïne se voorneme om die dele wat hy ingepalm het, te behou.
Skade aan brûe oor Seym-rivier kan Rusland se logistiek belemmer