# Sewe nuwe onderrig- en leersentrums vir wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde het by laer- en hoërskole in die Wes-Kaap geopen. Hierdie samewerkingsveldtog is tussen die provinsiale Onderwysdepartement en die Garden Cities Archway Foundation. Die departement het nou 114 STEM-laboratoriums in die streek. Die departement sê die geriewe gee onderwys op die vier vakgebiede ʼn hupstoot deur praktiese leer en ondersoekgerigte onderrig terwyl ʼn kultuur van vernuwing en uitnemendheid bevorder word.
Sewe nuwe STEM-sentrums open in die Wes-Kaap