# Inwoners van die Jim Jones-dorpie in Malamulele in Limpopo het die nuwe jaar op ‘n somber noot binnegegaan toe die Ndou-familie sewe van hulle lede begrawe het. Die slagoffers is op Kersdag na bewering deur ‘n ander familielid doodgeskiet, volgens berigte oor ‘n dispuut rondom ‘n familiewoning. Die verdagte sal weer Woensdag in die Malamulele Landdroshof verskyn. ‘n Woordvoerder van die familie het die gemeenskap in ‘n onderhoud met die SAUK vir hulle ondersteuning bedank:
Speel klankgreep: ENG NdouFamily