Die polisie in Kaapstad het bevestig dat sewe mense in hegtenis geneem is op aanklagte van openbare geweld ná botsings tussen pro-Palestynse en pro-Israeli groepe gister op die Seepunt Promenade. Volgens berigte moes ‘n pro-Israel gebedsbyeenkoms gekanselleer word weens kommer oor veiligheid nadat Palestynse ondersteuners voor die gebedsbyeenkoms op dieselfde plek bymekaargekom het. Polisiewoordvoerder FC Van Wyk sê skokgranate en ‘n waterkanon moes gebruik word, nadat sommige van die mense instruksies om uiteen te gaan verontagsaam het. Die botsings het plaasgevind te midde van die voortslepende konflik tussen Israel en Palestina.
Sewe in hegtenis geneem ná botsings tussen pro-Palestynse en pro-Israeli groepe in Kaapstad