# Ses verdagtes het in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van beweerde mensehandel. ‘n Vroeëre gesamentlike reddingsoperasie van die Valke se ondersoekspan na georganiseerde misdaad en die Tshwane K9-eenheid het gelei tot die bevryding van twee jong vroue van onderskeidelik 17 en 25 jaar oud in Sunnyside. Die verdagtes is vermoedelik betrokke by mensehandel. Die vroue is in veilige skuiling geplaas.