# Ses verdagtes het in die landdroshof op Otjiwarongo in Namibië verskyn, op ‘n aanklag van veediefstal, nadat hulle na bewering drie Simmentalers ter waarde van meer as 100-duisend-rand geslag het. Die voorval waarin ‘n bul en twee koeie geslag is, het op ‘n plaas tussen Otjiwarongo en Kalkveld gebeur. Die saak is tot 16 Februarie uitgestel. Veediefstal is landwyd in Namibië aan die toeneem, met boere in die Kalkveld-omgewing wat tussen Januarie en November verlede jaar verliese van 1,3-miljoen rand gely het.