# ‘n Passasiertrein het ontspoor nadat dit ‘n trop olifante getref het naby ‘n wildreservaat in sentraal-Sri Lanka. Niemand is beseer nie, maar ses olifante is dood. AFP berig twee beseerde diere word behandel. Volgens die polisie is dit die ergste natuurlewe-ongeluk nog in die land. Daar is na raming sewe-duisend wilde olifante in Sri Lanka, waar hulle deur die wet beskerm word. Om ‘n olifant dood te maak is ‘n misdaad wat strafbaar is met gevangenisstraf of ‘n boete.
Ses olifante dood nadat trein hulle tref in Sri Lanka